Januarie was Australië se warmste ooit

Australië het sy warmste maand ooit sedert temperatuurmetings gedoen word, in Januarie vanjaar beleef.

Die hittegolf wat letterlik vir weke oor groot dele van die kontinent gehang het, het ’n gemiddelde temperatuur getoon van hoër as 30 grade Celsius vir die hele maand.

Dit was ’n maand wat gemiddeld 3 grade Celsius warmer was as enige vorige Januarie en berigte van dae lange erge hitte van meer as 40 grade is aangemeld.

Di hittegolf was so erg dat die organiseerders verplig was om die Australiese Ope tennis kampioenskap vir twee dae moes uitstel.

Die ergste hitte is in Port August geregistreer waar dit 49,5 grade was vir twee dae agtereenvolgens.

Die toestande is vererger met ’n verminderd reënval, en op groot dele is tot 40% minder reën ontvang as die gemiddeld vir Januarie.

Foto – Die wild het ook lafenis gesoek