Italiaanse polisie slaan dwelmhandel

Gedurende die afgelope week het die Italiaanse polisie die dwelmhandel ’n swaar slag toegedien deur beslag te lê op miljoene euro se kokaïen.

Die polisie het ’n besending van die dwelmmiddel wat uir Suid-Amerika afkomstig is,  gekonfiskeer wat na raming ’n straatwaarde van nagenoeg $725 miljoen het.

Dit is die grootste besending kokaïen wat in die afgelope 25 jaar na Italië gesmokkel is vanuit Latyns Amerika, en bedoel is vir Spanje.

Die polisie het op die hawe van Genoa toegeslaan en die 2,1 metrieke ton dwelmmiddels gekonfiskeer wat in 60 sakke verpak was.

Waarnemers wys daarop dat dit deel vorm van die nasionalistiese regering se onderneming om baie sterk te fokus op dwelmmiddel smokkelaars se bedrywighede.

Onlangs is een van die grootste dwelmhandelaars in die land in hegtenis geneem en dien 15 jaar tronkstraf uit.