Is Ramaphosa ook korrup?

Kort nadat dit aan lig gekom het dat die ANC president, Cyril Ramaphosa, R500,000 van Bosasa ontvang het, en dit wereldkundig gemaak is, het die liegstories mekaar die en na die ander gevolg.

In die parlement het Ramaphosa een verhaal vertel, later volg n tweede, en uiteindelik volg die onderneming dat die R500,000 terugbetaal word aan die instansie waarvandaan dit gekom het.

Daar is toe nie sprake van die eerste twee bewerings nie. Eers was dit geld vir sy seun se onderneming, toe is dit geld vir sy verkiesingsveldtog, en later sou die geld dadelik teruggegee word aan die “donateurs.

Volgens inligting is die geld klaarblyklik nog nooit terugbetaal aan die sogenaamde “donateur” nie, wat die vraag laat of die president nie net leuens vertel nie, maar ook korrup kan wees.

Die argument wat gebesig word, is dat Bosasa nie hulle geld gaan terugkry alvorens die owerheid die opdrag gee dat dit gedoen word nie.