Iran toets nuut ontwikkelde missiel

’n Video wat deur die regering van Iran vrygestel is, toon hoe ’n nuut ontwikkelde missiel van die land in die woestyn getoets is en effektief sy teiken getref het.

Teheran het gesê hy ontwikkel missiele om sy eie verdediging teen vyandelike magte op te skerp.

Die nuut ontwikkelde kruiser-missiel is die afgelope Saterdag getoets way ’n reikafstand van meer as 1,300 kilometer het.

Die geleentheid het saamgeval met die herdenking van die stigting van die Irannese Revolusie van 1979.

Iran het onkeerbaar voortgegaan met sy missiel ontwikkelings projek te midde van ’n ernstige waarskuwing deur president Donald Trump wat die land nou met hernude sanksies straf.