Iran moet missiel toetse stop

Die Europese Unie het Iran dringend versoek om onverwyld te stop met sy onaanvaarbare en onverantwoordelik gedrag in Europa en die Midde-Ooste.

Brussel sê in ’n verklaring dat hy die optrede van Iran afkeur met sy toetse van nuwe missiele, maar dat hy steeds hou by die ooreenkoms van 2015 se kernwapen akkoord.

Die EU het die week ’n ernstige versoek gerig dat die toets van ballistiese missiele onmiddellik gestaak moet word asook pogings van Iran om op Europese grondgebied enige bedrywighede uit te voer.

Die waarskuwing aan Iran kom nadat die VSA druk toegepas het oor die toenemende Irannese invloed in Europa asook in die Midde-Ooste.

Iran het vroeër gesê hy sal hom nie laat stop deur wêreldmoondhede terwyl hy homself moet verdedig teen vyandelike magte nie.