Iran daag die Weste met missiele

Te midde van die streng sanksies wat eur Amerika ingestel is teen Iran, gaan die land voort met die ontwikkeling van ballistiese missiele.

Waarnemers beskou dit as ’n direkte uitdaging aan die Westerse moondhede, veral nadat die Europese Unie ook geëis het dat Iran sy toetsprogram met ballistiese missiele moet staak.

Iranse Revolusionêre Wag het bevestig dat ’n nuwe “oppervlakte-na-oppervlakte” ballistiese missiel met ’n reikafstand van 1,000 kilometer ontwikkel en getoets word.

’n Prototipe is pas tydens ’n militêr vertoning van die Iranse Weermag bekendgestel wat die spanning tussen Iran en die Westerse lande verhoog het.