Iere streef na hereniging

Alhoewel dit nog nie op papier vasgepen is nie, het die eerste sterk klanke hoorbaar geraak dat die Republikeinse Party hom gaan streef tot hereniging van Ierland.

Dit volg nadat Noord Ierland ten gunste van voortgesette EU lidmaatskap gestem het in die referendum, en nou vrees dat hulle nie meer lidmaatskap sal geniet na die Verenigde Koninkryk in Maart uittree nie.

Sinn Fein se leier, Mary Lou McDonald, van Noord-Ierland het die afgelope naweek tydens die party se massa byeenkoms in Dublin gesê die Britte het “vergeet” van Noord-Ierland, en daarom is dit nou ’n gulde geleentheid om die volk te herenig en so lid van die EU te bly.

Sy het voor ’n opgewonde en entoesiastiese gehoor gese die oomblik vir die volk en Ierland se hereniging het aangebreek.

“Londen hou nie rekening met die volk van Ierland nie”, het sy onder luide toejuiging gesê.

Foto – Mary Lou McDonald