Hoërskool Roodepoort ‘n gevaarsone

Die SA Onderwysers Unie het die Departement van Onderwys gewaarsku dat daar agt klaskamers by Roodepoort Hoërskool is wat onveilig is weens krake in die sement.

Vloere het met 60 mm gesak en die struktuur is onveilig. Die klaskamers word nog steeds gebruik en waarnemers sê die ramp wag om te gebeur.

Intussen het Africa Check bevind dat 496 skole geïdentifiseer is wat se strukture nie voldoen aan die nodige veiligheid vereistes nie.

Die swak toestand van geboue word toegeskryf aan die vernielsugtighjeid van leerlinge en die beleid van die owerheid om geen instandhouding te doen nie.