Hoe lyk dit vir waarheid

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het nie juis ’n goeie rekord as dit kom by die waarheid nie.

Sy rekord van twyfelagtige waarhede as president het begin toe hy ’n blatante leuen verkondig het in die buiteland deur te sê dat hier nie plaasmoorde op blankes is nie.

Terug in Suid-Afrika ontken hy dat hy dit gesê het, en dat hy nie korrek verstaan word nie.

In die parlement sê hy dat hy nie bewus is daarvan dat R500,000 op sy bankrekening inbetaal is nie.

’n Dag of drie later sê hy dit is waarskynlik geld wat vir sy seun se besigheid bedoel is.

Daarna sê Ramaphosa die geld is ’n donasie vir sy verkiesing gewees.

Jy onderneem om dit onverwyld terug te betaal aan die instansie waarvandaan dit gekom het.

Maar weke later is die R500,000 steeds in sy bankrekening, en is die verskoning dat hy eers opdrag moet kry van die hof alvorens dit terugbetaal kan word.

En nou verwag die president dat Suid-Afrika hom moet glo as hy die mynbedryf die ”versekering” wil gee dat Eskom weer op koers gebring sal word.