Grootskaalse bedankings van ANC seniors

Die Adjunk-Minister van Finansies, Mondli Gungubele, wat daarvan beskuldig is dat hy klaarblyklik betrokke was in die korrupsie skandaal, het kiesers in die land laat frons, en politici in die buiteland bekommerd gemaak.

Die gevolg is dat na die bewerings geopper is voor die ondersoek kommissie, hy sy bedanking ingedien het saam met die raadslede van die sogenaamde Public Investment Corporation (PIC).

Die betrokke raadslede van PIC het hulle skriftelike bedankings ingehandig by die Minister van Finansies, Tito Mboweni.

Die brief aan Minister Mboweni is deur al nege die direkteure onderteken waarin hulle gevra word om van hulle pligte in PIC onthef te word.

Slegs die waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte, Matshepo Môre, se handtekening verskyn glo nie op die brief nie.

Foto – Minister Tito Mboweni