Grond is politieke stemwerwer

Die Departement van Openbare Werke sê ’n proses van “vinnige opvolging” word beplan om grond vinnig beskikbaar te stel om momentum te gee aan die grondgryp program.

Die staat beskik oor ’n eiendomsportefeulje van meer as 93,000 geboue en meer as 1,9 miljoen hektaar grond wat onder die Departement se beheer is.

Die regering se grondgryp program beheld dat grond, sowel as enige ander eiendom, sonder vergoeding opgeëis kan word deur die maghebbers.

Tydens ’n inligtingsessie in die parlementêre komitee, het  Sasa Subban, die adjunk Direkteur-generaal van die Departement gesê ’n 100 eiendomme is geoormerk om teen die einde van 2019 se finansiële jaar vrygestel gaan word, en ’n 100 eiendomme sal in die daaropvolgende finansiële jaar beskikbaar gestel word.

Hy sê die Noordwes is geïdentifiseer as die provinsie wat die grootste aantal uitstaande restitusie eise het, wat glo 93 eiendomme beslaan.

Subban sê die provinsie het altesaam 261 eiendomme gehad waarop eise was, wat in totaal 142,000 hektaar grond is.

Politieke meningsvormers reken die hele proses wat nou “versnel” gaan word, is ’n poging om stemme vir die regering te werf met die oog op die komende verkiesing.