Grond hervorming koop stemme

Die gemeenskap van Ebenhaeser in die Lutzville omgewing distrik aan die Wes-Kaap is die afgelope 20 jaar gewikkel in pogings om grond te bekom wat in die 1920’s aan Sending Genootskappe gegee is.

Die proses sloer al vir jare en na bewering het die R300 miljoen wat geoormerk was vir die uitkoop van die grond tussen die regering en onderhandelaars “verdwyn”.

Die afgelope naweek het daar groot opwinding in die gemeenskap geheers tot die regering (sien ANC) aan elke huishouding ‘n betaling oorhandig het  om te “vergoed” vir die verlies van grond

Elke huishouding het R1,100  per volwasse inwoner ontvang,  dit is pa, ma, oupa, ouma asook jeugdiges wat kinders het/

Van die R1100  was ‘n R500 aankoop bewys wat by die plaaslike “Foodstore” in Lutzville gebruik kon word vir aankope. Die ketting winkel het dus ‘n minimum van R330,000 se verkope gehad die naweek.

As dit nie “koop van stemme” is nie,  wat is dit dan.?

Intussen sit die inwoners steeds sonder herstel van grond regte, daar is  R300  miljoen “verlore”  en die alkohol probleem is die naweek aangehelp met die skielike “skenking” van R600  wat soos manna uit die ANC se sakke gekom het.

Jan Grundlingh