Evkom tegnies bankrot

Die Portefeulje Komitee van Openbare Ondernemings het tydens die aanhoor van die verslag van die Departement van Openbare entiteite gehoor dat Evkom “tegnies bankrot” is.

Eskom sal teen die huidige projeksie teen April 2019 nie meer voort bestaan nie.

Die kragvoorsiener se R420 miljard skuldlas maak tans 15% van die land se skuld uit en sy inkomste het vierdubbel verhoog sedert 2007 maar sy uitgawes, veral met n oorbelading van personeel, het die inkomste oorskry. Personeel alleen het van 32,000 tot 48,000 in elf jaar vermeerder.

Ten spyte van die vermeerdering van personeel het kritiese kennis ontbreek wat daartoe gelei het dat 40% van onderbrekings by die verskillende kragsentrales aan “menslike faktore” toegeskryf is.