EU vra verkiesing in Venezuela

Die Europese Unie se hoof van Buitelandse Sake, Federica Mogherini, het in ’n amptelike verklaring gevra dat Venezuela se president hom moet verbind tot vry en regverdige verkiesings.

President Maduro se optrede is egter ’n duidelike teken dat hy nie sal toegee aan wêreldmening nie, en het selfs sovêr gegaan as om die hoofroete waarmee noodsaaklike lewensmiddele die land moet binnegaan, afgesluit.

Die Latyns-Amerikaanse state en talle Europese lande het Maduro probeer beweeg om ’n vervroegde verkiesing te hou, maar die president sê die volgende verkiesing sal eers op die bestemde tyd gehou word oor vyf jaar.

Federica Mogherini sê die enigste manier om verdere lyding van die mense te voorkom, is om ’n vry en regverdige verkiesing te hou.