EU en Japan vestig vryhandel streek

Europese lande kan in die jaar meer as ’n miljard euro spaar met die reuse ooreenkoms wat aangegaan is tussen Japan en die Europese Unie.

Japan is die wereld se derde grootste land op ekonomiese gebied, en die vryhandel ooreenkoms met die EU lande is nie net ’n voordeel vir Europa nie, maar ook ’n groter mark vir Japan.

Die ooreenkoms sluit sowat 635 miljoen mense in wat kan baat in die akkoord wat reeds op 1 Februarie vanjaar van krag geword het.

Die twee partye het met die EU-Japan Economic Partnership Agreement die invoerheffings verwyder op bykans alle landbou en industriële produkte.

Die ooreenkoms beteken dat Japan die heffings op 97% van sy goedere wat ingevoer word van EU lande, sal skrap.