Eskom se nuwe eierdans

Die afgelope Sondag het Eskom aangekondig dat hy ’n beurtkrag rooster het vir die dag wat geldig is vir die hele land, en sal duur van 1.00 nm tot die middernag.

Die redes wat verstrek is, was ietwat vreemd, en is aangevoer dat dit ingestel is weens ’n tekort aan water.

Die beurtkrag is ook vir Sondag ingestel met die doel om te verseker dat die werkweek nie benadeel word met moontlike beurtkrag nie.

Maandagoggend kondig Eskom aan dat beurtkrag tot aan die begin van die winter sal geld omdat die twee nuwe kragsentrales nie effektief funksioneer nie.

Finansiële deskundiges wys daarop dat beurtkrag die land R2 miljard per dag kos, en potensiële beleggers verkies om die hasepad te vat met so ’n reuse onsekerheid.

Kenners sê die twee kragsentrales is deur onopgeleide werkers aanmekaar getimmer en nou begin die ernstige gebreke wys, wat beteken dat miljarde Rand aangewend moet word om herstelwerk aan die twee nuwe, maar derdegraadse kragsentrales te doen.