Eskom gaan SA vernietig

Indien Eskom voorgaan met sy onredelike tarief verhogings soos wat hy beplan, gaan die Suid-Afrika se ekonomie vernietig.

Di sukkelende ekonomie wat die land tans op wankelende bene het, kan die afgrond ingedwing word met onredelike tarief verhogings.

Die goud nywerheid sal vernietig word as Eskom die groen lig sou kry vir ’n 15% verhoging vir die volgende drie jaar, wat beteken ’n styging van 45% vir die tydperk.

Die Minerale Raad van Suid-Afrika het die waarskuwing gerig nadat Eskom gevra het dat hy vir die volgende drie jaar, elke jaar sy tariewe met 15% wil aanpas om sy vrotsige bestuurstyl staande t hou.

Suid-Afrika is een van die grootste leweransiers van goud in die wêreld, en van die bestaande 21 goudmyne in die land, sal waarskynlik net een staande bly as die tariewe goedgekeur sou word.

Die verlies aan werkgeleenthede, wat tot soveel as 1600 kan oploop, tesame met die verlies van gou produksie, sal die ekonomie tot ’n tweede Zimbabwe laat tuimel.