Eskom en kragonderbrekings

Na beloftes dat “beurtkrag” iets van die verlede is het Eskom die naweek die eerste krag onderbrekings aangekondig.

Beurtkrag het Sondag tussen 13:00 en 22:00 plaasvind en dit is gedoen om Eskom te beskerm van ‘n totale “ineenstorting of  dat dit nag sou word in die land.

Eskom het verduidelik dat dit Sondag toegepas is weens ’n water tekort, en wou nie die weeksdae daarvoor gebruik nie aangesien dit die sukkelende ekonomie verder sal benadeel.