El Salvador kry dalk nuwe regering

Indien die meningsopnames in El Salvador ’n weergawe is van die kiesers se wil, gaan die regering wat reeds meer as 30 jaar aan bewind is, die onderspit delf in die komende verkiesing.

Twee politieke partye wat El Salvador regeer, kan moontlik verslaan word deur ’n buitestaander wat die korrupsie met mening wil uitroei.

Sondag het die meer as 5 miljoen kiesers die geleentheid gekry om ’n president aan te wys vir die klein Sentraal Amerikaanse staat.

Die jong buitestaander wil korrupsie, bendegeweld, en die uittog van burgerlikes uit die land, hokslaan as hy verkies sou word as president.

Nayib Bukele, kandidaat van die nasionalistiese Alliansie vir Nasionale Eenheid het klaarblyklik die sterkste kans om as oorwinnaar te seëvier en die finale uitslag word eers Dinsdag verwag.

Carlos Calleja van die nasionalistiese Republikeine sal waarskynlik volgens die peiling, ’n sterk tweede plek inneem.

Foto – Nayib Bukele