Edcon se volgende skuif

Edcon, een van die groot kleinhandel ketting groep,  is in ‘n oorlewingstryd gewikkel en hulp is gevra van die regering se pensioenfonds PCI en verhuurders.

R3 miljard word benodig om te voorkom dat winkels gesluit en personeel verminder gaan word. Edcon huur tans 10% winkelspasie by die land se meeste winkelsentrums.

‘n Versoek is aan verhuurders gerig om 41% vermindering van huurgeld  te bewerkstellig.

Sou so ‘n versoek toegestaan word kan mededingers in die mark dit beskou as teen-mededinging.

Stuttafords het in 2017 na 159 jaar sy deure gesluit en Woolworths het in 2018 sy eerste verlies sedert 2002 aangekondig. Die land van melk en heuning is besig om op te droog weens wanbestuur, korrupsie, werkloosheid, salaris eise en stakings.