Duitsland beskerm sy industrieë

Die Duitse Minister van Ekonomiese Sake, Peter Altmaier, sê dit was alreeds nodig om die land met ’n Nasionale Industrieë Strategie 2030, te beveilig.

Die minister het die opmerking gemaak nadat sakelui hom daarvan beskuldig het dat hy met ’n “swaar hand” die land ekonomies regeer.

Die strategie wat allerweë beskou word as ’n remskoen en bevraagteken word, is egter met die doel om die industriële sektor verder te ontwikkel en op tegnologiese gebied internasionaal kompeterend te bly.

’n Deel van die strategie is dat Duitse maatskappye moet voorkom dat hoë tegnologie deur ander lande “oorgeneem” word, het hy gesê.

Die Nasionale Strategie sal nou met sakelui, handelaars en politici bespreek word om meer duidelikheid te bied oor wat beplan word.

Foto – Minister Peter Altmaier