Duitse vegvliegtuie reeds verouderd

Politici in Duitsland sê hulle het meer tyd nodig om te besluit oor die moontlike vervanging van die verouderde vegvliegtuie wat tans nog in gebruik is deur die land se Lugmag.

Die druk word al sterker op die Duitse Bundestag om te besluit hoe die vervanging gedoen gaan word.

Aan die een kant is daar diegene wat glo die kern-aangedrewe vegvliegtuie is noodsaaklik en moet in Europa vervaardig word, maar ander glo die Amerikaanse modelle is die antwoord.

Duitsland sit nog met ’n eskader Tornado vegvliegtuie wat deur Angela Merkel se vorige koalisie party aangekoop is.

Die meer konserwatiewe Minister van Verdediging, Ursula von der Leyen, het gevra dat die Tornado vliegtuie, wat sowat €15 miljard werd is, vervang moet word, maar die Sosialiste in Merkel se Koalisieregering sê meer inligting en meer tyd is nodig om die besluit te maak.

Die Sosialiste Party in die parlement, se hoof van die Verdediging Komitee, sê daar is geen dringendheid nie en moet met meer inligting sal ’n besluit geneem kan word.