Duitse polisie arresteer duisende immigrante

Uit Afrika het duisende onwettige immigrante ingesluip in Duitsland, waarvan sowat 28,000 deur die Federale Polisie gearresteer is.

Benewens die immigrante uit Afrika, het sowat 10,000 via Oostenryk die land ingekom weens die Europese stelsel wat nie ’n streng grensbeheer toepas nie.

Die onwettige immigrante het van spoor en bus vervoer gebruik gemaak, en gevalle is gevind wat met vliegtuie geland het.

Die polisie het in 2018 meer as 9,700 immigrante by lughawens vasgetrek en sowat 1,200 het deur Duitse hawens die land binnegekom wat gearresteer is.

Aanvanklik is bereken dat 14,000 mense die land onwettig ingekom het, maar die jongste statistiek toon dat dit byna drie keer die getal is.