Dis ’n siek land

Miskien is dit nie die land nie, maar wel die mense wat in Suid-Afrika woon wat geestelike en verstandelik siek geword het.

As ’n brug ineenstort en drie skoolkinders sterf, is die tragedie daarvan onbeskryflik, maar as ’n barbaarse rassis dan verheug is oor die voorval, spreek dit van ’n siek gees en nog sieker verstand.

Daar kom ook iets anders na vore wat met die uitspraak nie ongeseq gelaat mag word nie.

Die opmerking spreek van ’n persoon wat beslis nie die Christelike waardes ken en aanvaar nie, en is waarskynlik ’n kind van Satan, want sulke haat behoort nie ongestraf te bly in hierdie land nie.

Net soos wat die korrupsie, waarvan die totale omvang nog lank nie bepaal is nie, ook ’n toonbeeld is van hoe sien die mense is wat hulle jubelend daaraan skuldig gemaak het, net so siek en veragtelik is die leuens wat die land se president in die buiteland kwytgeraak het toe hy gesê het dat hier nie plaasmoorde op blankes is nie.

Die afgelope 25 jaar het Westerlinge gesien hoe die afbrekers ongehinderd met hul vernietigende plundering van infrastruktuur en geboue voortgaan asof dit “die regte ding is om te doen”.

Maar die voortgang van die afbreek-gesindheid sal nie stop solank skoolkinders toegelaat word om skole en ander geboue af te brand en rooftogte uit te voer nie.

Net so sal die korrupsie en bedrog voortduur solank as wat eerlike en hardwerkende blankes die reg ontsê word om op meriete van kwalifikasies en ervaring, in poste aangestel te word.

Terwyl die land geleidelik die afgrond inskuif, verlaat die kundiges die land wat hulle liefhet, opsoek na ’n lewe waar Westerse norme nog toegepas word.