Die Vryburger en beurtkrag

Die swak bedryfsbestuur van Suid-Afrika se nasionale kragvoorsiener het die afgelope tyd weer tot beurtkrag gelei en het ’n direkte invloed op Die Vryburger se beriggewing.

Die bestuur en redaksie wil te midde van moeilike werksomstandighede, die versekering gee dat alles moontlik gedoen word om berigte geplaas te kry van “nuus wat saakmaak”.

Die moontlikheid dat belangrike nuus later as gewoonlik op die voorblad verskyn, is egter nie uitgesluit nie, veral omdat Eskom se beurtkrag skedule onbetroubaar is en veroorsaak dat kragonderbrekings ingestel word op “onverwagse tye”.