Die Regstelsel van SA

Kort na getuies gelewer is in die Bosasa debakel het die Valke toegeslaan en vyf persone gearresteer waaronder Agrizzi en Van Tonder wat getuies was in die grootskaalse bedrog en omkopery van Watson.

Die vraag ontstaan hoekom is Watson, Dudu Myeni, Nomvula Mokonyane, Gwede Mantashe en kie nie gearresteer nie?.  Dit is tog hulle wat die geld voorsien en ontvang het by die kontrakte wat miljoene beloop het.  Is hier êrens weer ‘n slang in die gras?

Is R500,000 genoeg om immuniteit te koop van vervolging?.  Brigadier Mulaudzi van die Valke ontken enige politieke knoeiery en sou daar bewyse wees dat politici betrokke was in onwettige bedrywighede sal  daar teen hul opgetree.  Waarnemers wys daarop dat die ondersoek rondom Bosasa reeds in 2009 voltooi was en die feit dat die Valke nou eers optree wys op onreëlmatighede in die regsproses.

Andries Lategan