Deutsche Bank is weer op dreef

Die Deutsche Bank in Duitsland het vir die jaar 2018 sy eerste wins getoon in vier jaar, nadat die bank swaar verliese gelei het.

Verlede Vrydag het die Bank bekendgemaak dat hy die jaar afgesluit het met ’n wins nadat hy afgegradeer is weens sy swak prestasies oor ’n tydperk van drie jaar.

Vir die afgelope jaar het die Bank ’n goeie wins van €341 miljoen ($390 miljoen) gerealiseer, teenoor die €735 miljoen verlies wat in 2017 getoon is.

Die Hoof Uitvoerende Beampte, Christian Sewing, het gesê die syfers toon dat Deutsche Bank weer op koers is, en wil in 2019 nie net verdere besparingsmaatreëls instel nie, maar wil ook die wins verhoog.

Twee jaar gelede het die hoofde van talle groot nyweraars bymekaargekom en besluit om veel meer aandele uit te neem in die Bank indien dit sou blyk dat die herstelproses nie geslaagd is nie.