Busse brand en dit reën klippe

Twee busse van die Kaapse Universiteit van Tegnologie is vernietig dur brandstigting van studente terwyl die administratiewe gebou met klippe bestook is.

Intussen het studente plakkers hutte op die Bellville kampus opgerig uit protes teen akkommodasie tekorte. Die Universiteit kan slegs 13,000 studente huisves terwyl daar 35,000 aansoeke vir verblyf ls.

Die Universiteit beskik nie oor die vermoë om meer as dit te doen sonder om die risiko te loop om nog verder in die skuld gedompel te word nie.