Buitestaander wen El Salvador verkiesing

Die jong presidentskandidaat Nayib Bukele van El Salvador wat tydens die verkiesingsveldtog gehamer het op die stryd teen korrupsie, het die presidentsverkiesing gemaklik gewen.

Die buitestaander het daarmee ’n eind gebring aan die land se dekades van twee partye wat afwisselend die regeerders was.

Die finale uitslag van die verkiesing is deur die Verkiesings hof bevestig dat Nayib Bukele die verkiesing met 54% van die stemme op hom verenig, die wenner is.

Die kandidaat van die Nasionalistiese Republikeinse Alliansie was vêr agter met 32% van die kiesers se steun.

“Ons het vandag die eerste rondte gewn en daarmee geskiedenis gemaak om die korrupsie en misdaad hok te slaan”, het Bukele aan sy ondersteuners gesê.

Foto – Die Wenner, Nayib Bukele