Bosasa korrupsie – ook landdroste?

Die eerste vingerwysing na ’n landdros wat betrokke kan wees by die hele Staatskaping, se naam hang nou op die voorblad van menige koerante in die land.

Landdros Desmond Nair se naam het na vore gekom in die getuienis van Richard Le Roux, ’n voormalige IT spesialis van Bosasa.

Die landdros wat ook die saak van Oscar Pistorius aangehoor het, is van die “hoë profiel” persone wie se woonhuis met ’n gesofistikeerde sekuriteitstelsel toegerus is waarvoor Bosasa betaal het.

Die stelsel sluit in n geëlektrifiseerde heining om sy woonhuis in Pretoria te beveilig, en alles is geïnstalleer teen ’n koste van R250,000.

Meningsvormers is van oordeel dat meer regslui betrokke kan wees as wat tot hede bekendgemaak is, en kommer bestaan oor wie nog in die juridiese beroepswêreld in Staatskaping gevange gehou is.

Le Roux het ook gesê hy is deur Bosasa se Watson aangesê om ’n groot klomp bwyse te verwyder van die rekenaarstelsel.

Foto – Landdros Desmond Nair