Bankrot Eskom val uitmekaar

Die twee nuwe kragsentrales, Medupi en Kuile, is so swak opgerig dat beide nou dringende herstelwerk nodig het.

Sekere ontwerp foute, en oprigting van sekere komponente is glo van die belangrikste foute wat maak dat die twee kragsentrales nie behoorlik funksioneer nie.

Volgens Eskom se woordvoerder, ene Titus Mathe, sal dit sowat R8 miljard kos om die gemors reg te stel.

Die twee kragsentrales wat maar onlangs in bedryf gestel is, het meer as ’n jaar langer geneem om op t rig as wat aanvanklik beplan is, maar waarnemers sê dit was van meet af duidelik dat daar nie voldoende kundigheid betrokke is nie.

Dit is nie duidelik of die herstelwerk sal lei tot die instelling van beurtkrag nie, en waar Eskom die geld vandaan gaan kry, is ’n onbeantwoorde vraag.

Ingeligte bronne sê die kragvoorsiener het reeds kennis gegee dat hy nou meer as die 15% tariefverhoging vra vir elk van die volgende drie jaar.

Foto – Madupi kragsentrale