Anglo vrees Eskom optrede

Die sukkelende Eskom is Angelo American in Suid-Afrika se grootste bedreiging, sê die groep s Hoof Uitvoerende Beampte, Mark Cutifani.

Die Anglo-groep is steeds die leier in die myn industrie van die land, wat groot beleggings het in die bedryf waarvan platinum, diamante, steenkool en yster van die belangrikste komponente is wat ontgin word.

Die steenkool wat ontgin word uit verskeie myne in die land, word alles aan Eskom gelewer.

Waarnemers wys daarop dat Eskom nou mik na die aankoop van steenkoolmyne wat soveel as R12 miljard kan kos, maar dit is onseker of die kragvoorsiener, wat op die rand van ’n finansiële ineenstorting is, soveel geld geleen gaan kry, veral met sy swak rekord van bestuur.

Foto –   Mark Cutifani