ANC maak omkeer

Dit blyk dat die ANC nou skielik bang is om hul belofte na te kom van ondersteuning aan sy ede van die party wat in die Zondo kommissie uitgewys is.

Hulle vra nou dat daar onmiddellik opgetree moet word teen lede waar daar genoegsame bewys van kriminaliteit bestaan.

Sal die proses ook gevolg word teen Myeni, Mantashe en selfs die ANC se president Ramaphosa?

Cosatu het intussen ook aangedring dat vervolging begin moet word en dat lede wat betrokke is, verwyder moet word van enige lyste vir die komende verkiesing.

Foto – Zondo Kommissie