Airbus verloor reuse bestelling

Die passasiersvliegtuig vervaardiger Airbus, het die week ’n groot en belangrike bestelling vir A380 modelle verloor.

Die Qantas Lugredery het sy bestelling vir 8 Airbus A380 super groot jet vliegtuie, kort nadat sy filiaal asook ander rederye aangekondig het dat hulle ook hul bestellings kanselleer.

Die kansellasie plaas geweldige druk op die maatskappy, en vrese bestaan noudat Airbus moontlik nie die terugslae gaan oorleef nie.

Qantas Redery het die bestelling geplaas gedurende 2006, en die kansellasie daarvan kan lei tot die einde van die grootste vliegtuig vervaardiger in die wêreld.

Dit blyk dat die talle kansellasies ook verbind word aan nasorg dienste en afleweringsdatums wat nie stiptelik nagekom word nie, het ’n waarnmer later gesê.

 

Die Hong Long Lugredery het glo verlede maand sy bestelling vir 10 Airbus A380 vliegtuie gekanselleer, wat beteken dat meer as 20 van die reuse passasiersvliegtuie nie op die produksielyn sal kom nie.

Intussen hou die eienaars asem op dat die Emirates Redery se bestelling van 56 A380 vliegtuie nie gekanselleer gaan word nie, aangesien die rdery dit sterk oorweeg om ’n ander produk te koop.

Kenners sê egter dat daar geen vliegtuig in die kommersiële handel is wat werklik kers vashou met die super luukse Airbus A380 nie.