Airbus kan terugslag verwag

Die vliegtuig vervaardiger Airbus kan ’n ernstige terugslag verwag nadat een van sy grootste kliënte, die Emirates rdery oorweeg om na ’n ander maatskappy oor te skakel.

Die redery gee oorweging daaraan om sy bestelling vir vier-engin supersoniese jet, bekend as die A 380 vliegtuie te kanselleer.

Die Europese vervaardiger het die afgelope naweek gesê dat “besprekings” nog plaasvind tussen die twee partye.

Emirates wat in die Verenigde Arabiese Emirate geleë is se bestelling is glo ’n “maak-of-breek” situasie vir die Airbus A380 super groot vliegtuig.

Verlede jaar se Emirates bestelling by Airbus het gesorg dat meer as 3,000 werknemers hulle poste kon behou, wat dit nou kan verloor as die redery nie die bestelling bevestig nie.