Agt Transnet bestuurders geskors

Dit het aan die lig gekom dat Transnet agt senior bestuurders kennis gegee het van hul skorsing.

Meer as 345 forensiese ondersoek is oor die afgelope jare gedoen rondom onreëlmatighede by die instelling.

Dit blyk egter dat die aanbevelings vanuit die ondersoeke nooit uitgevoer is nie. Die skorsings volg op Brian Molefe en Anoj Singh, asook ses ander senior bestuurslede se skorsing die afgelope maand.