Agrizi word vervolg vir bedrog

Die voormalige senior beampte van die omstrede Bosasa, Angelo Agrizzi, en ses ander persone word vervolg weens beweerde korrupsie, geldwassery en bedrog.

Hulle was glo betrokke by onwettige praktyke ten bedrae van sowat R1,6 miljard, en die vervolgers se woordvoerder, Hangwani Mulaudzi, het bevestig dat die verdagtes in die Spesiale Handel Hof van Pretoria sal verskyn.

Een van die verdagtes is nog in die buiteland en ’n ander is tans in Port Elisabeth, maar almal sal uiteindelik verhoor word, het hy gesê.

Foto – Angelo Agrizzi