Zuma probeer steun werf

Die land is nog steeds nie ontslae te van Jacob Zuma nie.

In ‘n video opname sê die geskorste president van die land daar is te veel pratery oor grondhervorming en dat grond nou blykbaar genasionaliseer moet word.

Volgens Zuma sal vryheid nooit bereik word solank grond in die hande van die onderdrukkers is nie.

Hy gaan verder en sê dat diegene wat baie grond het, dit moet deel met die inheemse inwoners wat voorheen die land besit het.

Dit wil lyk of die afgesette president steun probeer werf, maar wat hy daarmee wil bereik, is nog ’n duistere saal, reken politieke ontleders.