Zuma kos belastingbetaler R1 miljoen

Sedert Zuma nege maande gelede weggejaag is as president van SA het hy, sy vrouens en sy ondersteunings personeel se vervoer en telefoon rekenings bykans R1 miljoen beloop.

Lugvervoer het R150 000.00 beloop en ’n verdere R837 000 was spandeer op padvervoer koste, selfone, verblyf en motor huur.

Ramaphosa het die uitgawes verdedig en gemeld dat oud-presidente en sy vroue onbeperkte vlugte mag onderneem.

Dit blyk ook dat die Ramaphosa regime gaan toelaat dat Zuma terugkeer na die parlement sonder om sy presidensiële voordele wat hy tans geniet, sal verbeur.