Zuma kan staan vir parlement

Jesse Duarte het aangekondig dat slegs persone wat kriminele rekords het gediskwalifiseer sal word om genomineer te word vir die komende parlementere verkiesing.

Persone wat beskuldig is van korrupsie of geïmpliseer is rondom swak dissipline word nie verbied om te staan nie.

Dus kan Zuma en seker selfs die Guptas staan in die verkiesing want hul is nog nie skuldig bevind aan kriminele oortredings nie.

Wat insiggewend is van die lys van 200 name wat nou gefinaliseer is, is dat elke tweede naam op die lys ‘n vrou moet wees en elke derde genomineerde moet spesiale vaardighede besit.

Is die aanname reg dat slegs ‘n derde van die ANC se parlementêre kandidate vaardig en bekwaam moet wees?

Dit word betwyfel of die ANC regering volgens wet sal optree en Zuma se presidensiële voorregte van hom sal wegneem as hy wel besluit om vir die parlement te staan.