Zuma is ons man

Die Zoeloe volk van Natal het hulle keuse getoon tydens die ANC se verjaarsdag saamtrek waar Cyril Ramaphosa die hoofspreker sou wees, het die skare duidelik gewys dat Jacob Zuma hul belangrikste spreker is.

Die skare het uitbundig tekere gegaan terwyl die voormalige president sy opwagting maak, terwyl daar nie veel gebeur het met Ramaphosa se aankoms by die stadion nie.

Die massa byeenkoms wat die afskop is vir die ANC se verkiesingsveldtog waartydens die manifes saam met die verjaarsdag vieringe van 107 jaar se bestaan gevier is, het duisende ondersteuners na die Moses Mabhida stadion in Durban laat stroom, om eerstens na hulle leier, Jacob Zuma te luister.

Ramaphosa het die afgelope week gepoog om stemme te werf deur te toon dat hy en Zuma “goeie kamerade” is, maar die kiesers van Natal is Zuma-mense.

Sowat 85,000 mense het die verrigtinge bygewoon en moes selfs luister na die drie sinne geradbraakte Afrikaans war Ramaphosa kwytgeraak het.

Intussen word die vermoede al sterker dat Zuma die dryfveer agter die nuwe politieke beweging, die African Transformation Movement (ATM) is, wat die regerende ANC wil teenstaan in vanjaar se verkiesing.