Zambiese top weermag lede afgedank

Die Zambiese president, Edgar Lungu, het die hoof van die land se weermag Luitenant-generaal Mihova, asook sy tweede in bevel Majoor-generaal Miti afgedank.

President Lungu word daarvan beskuldig dat hy optree teen persone wat sy posisie en gesag ondermyn.

‘n Moontlike staatsgreep word deur hierdie optrede voorkom, word gesê, terwyl ander reken ’n staatsgreep kan enige dag verwag word.

Die Zambiese regering word skerp gekritiseer deur lede van die opposisie en spanning is aan die toeneem wat geweldadige konflik kan meebring.

Foto – President Lungu