Woede oor blanke hoof van Denel

Die rassisties “Black Management Forum” (BMF) het gedreig met regs optrede oor die onlangse aanstelling van Daniel du Toit as hoof van Denel.

Die wapenvervaardiger het die afgelope dekade al meer agteruit geboer en groot finansiële tekorte getoon op sy finansiële state.

Minister Pravin Gordhan het uit radeloosheid die aanstelling van Du Toit gemaak om Denel van ondergang te red.

Die regsverteenwoordigers van die BMF het ’n brief aan Gordhan gestuur waarin meer besonderhede oor die Denel hoof se aanstelling.

Du Toit is met die goedkeuring van die ANC regering se kabinet aangestel om die sukkelende Denel uit die penarie te red aangesien die bankrot ANC terugdeins om nog belasting geld te gebruik om die wapenvervaardiger kunsmatig aan die lewe te hou.