Wildtuin hek gesluit

Protesteerders het veroorsaak dat die Numbi hek van die Kruger Nasionale Park Maandag  gesluit moes word. Stukke glas en brandende bande versper die ingang sodat motors nie daar kan beweeg nie.

Die protes gaan oor die gebrek aan indiensneming van plaaslike inwoners asook openbare dienslewering.

Dit is die soveelste keer dat die Numbi hek gesluit moes word weens plaaslike protes optrede wat nie verband hou met die Park se werksaamhede nie.