Wêreld Nuusflitse –  7 Januarie

Oostenryk

Swaar sneeu neerslae in Oostenryk het ernstige verkeers opeenhopings veroorsaak op van die land se hoofpaaie en vliegtuie is vertraag terwyl treindienste ook nie die tyd roosters kon nakom nie.

Kokaïen

Polisie kon daarin slaag om 1,500 kilogram kokaïen te onderskep wat onderweg was na Antwerpen, en die vermoede bestaan dat dit slegs ’n deel van ’n totale besending is.

WhatsApp”

Wetenskaplikes in Europa sê die nuwe metode om met “Whatsapp” blitsvinnige boodskappe te stuur, is meer verslawend en nadelig vir die samelewing as coke.

Frankryk

Die “Geel hempies” wat reeds vir meer as agt weke betoog het teen die land se president Macron, het die afgelope naweek met sowat 50,000 ondersteuners hulle betogings in Parys hervat, en dit word deur die president beskryf as ’n aanval op die Franse republiek.