Wees versigtig met sosiale netwerke

Die gevare en verleenthede wat die sosiale netwerke soos Twitter en Facebook, het weereens na vore gekom toe honderde politici in Duitsland, se besonderhede openbaar gemaak is.

Daarbenewens is politieke partye se vertroulike dokumente en politici se omvattende besonderhede gelek uit die aanlyn Twitter media.

Wat opvallend is, is dat al die politieke partye in Duitsland deurgeloop het, behalwe die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AFD),

Waarnemers reken die daad is gepleeg deur kuberkrakers wat poog om ’n weerligafleier te gebruik wat die vinger na die AFD wys.

Die parlementslede van die Duitse Bundestag word almal geraak deur die voorval, behalwe die lede van die AFD, wat nou wyd beskuldig word dat hulle vir die openbaarmaking verantwoordelik is.

’n Duitse radiostasie was eerste om bekend te maak dat vertroulike dokumente van ’n politieke party openbaar gemaak is, waarna ook gevind is dat parlementslede op federale vlak ook deel van die aksie is.

Ontsteltenis is waargeneem by die ontdekking dat selfs kanselier Angela Merkel se persoonlike besonderhede letterlik op straat te siene gekom het.