VSA koop meer Duitse motors

Te midde van die Amerikaners se aggressiewe houding teenoor Duitsland het minstens twee vervaardigers hulle verkope in 2018 verhoog op die Amerikaanse motormark.

Die Volkswagen en BMW vervaardigers het gesamentlik hulle verkope van nuwe voertuie met meer as 300,000 verhoog in 2018.

Volkswagen het daarin geslaag om sy rekord verkope van 2017 verder te verhoog in 2018, en BMW het vir die eerste keer sy verkope aansienlik verhoog in Amerika.

Die verhoogde verkope van Volkswagen kom te midde van die diesel skandaal van twee jaar gelede, en ontleders sê die dreigement van President Donald Trump om ingevoerde voertuie swaar te belas, het waarskynlik ook ’n bydrae gelewer deur paniek-aankope van Amerikaners.