Vrees dat pensioenfonds geplunder gaan word

Ekonome het ‘n ernstige waarskuwing uitgereik aangesien hul vrees dat openbare pensioen fondse gebruik gaan word om Eskom se massiewe swart skuld-gat te vul . Mike Schussler deel ander ekonome se vrese en sê dat daar reeds 11 maande gelede sulke gerugte die rondte gedoen het.  Eskom se skuldlas kan oploop tot R600 miljard oor die volgende paar jaar, en sakelui reken Eskom gaan nie weer ontslae raak van die enorme skuldlas nie, behalwe as kundige mense die beheer oorneem en ontslae raak van die honderde werkers wat oortollig is..