Vragskip verloor sy kosbare vrag

Sowat 270 reuse skeepsvrag houers het van die MSC ZOE vragskip afgeval en in die see beland terwyl die reuse vaartuig onder die vlag van Panama gevaar het.

Die skip se woordvoerder sê die houers het in die water beland weens die geweld van die see storm wat gewoed het naby die Duitse eiland Borkum in die Noord See gebied.

Die houers met voorraad gevul, het weswaarts gedryf na die Nederlandse kusgebied en sowat 20 houers is reeds by verskeie eilande gevind.

Die Kuswag het inwoners gewaarsku om weg te bly van die houers aangesien verskeie daarvan gevaarlike gifstowwe bevat.

Intussen is skepe in die omgewing gewaarsku om op die uitkyk te wees vir die drywende houers, maar eiland bewoners het glo reeds besit geneem van baie goedere wat op die strand uitgespoel het.

Onder die goedere is klere, meubels, motor onderdele, speelgoed en gloeilampe gevind wat nie maklik herwin sal word noudat dit in mense se besit is nie.