Verkiesings foefie

Tydens die naweek van 26/27 Januarie 2019 het al die politieke partye kiesers aangemoedig om te registreer sodat hul in die komende algemene verkiesing kan en mag stem.  In die Wes-Kaap met sy vele kleurling kiesers is dit natuurlik vir al die partye noodsaaklik om hier steun te werf.  Die DA het uiteraard die voordeel dat van die streek se munisipaliteite deur hulle beheer word na die bankrotskaps bestuur van die ANC (wat terloops nie veel verbetering beteken het nie.)   Wat egter opval wanneer daar met  voornemende kiesers gepraat word dan spreek hul hul steun uit vir die DA gee op grond van die feit dat die “ANC swart is” en die DA vir die kleurling gaan opstaan.  Op navraag word dan ook gemeld dat Helen Zille die DA se leier is en vir die kleurlinge as sulks sal baklei.

Op ‘n vraag wie Mmusi Maimane is,  word daar onkennend geantwoord.  Sou jy sover gaan om Maimane uit te wys as die DA se leier is die reaksie een van verbasing. “Nee meneer! dit kan nie wees nie, die ANC is ‘n party vir die swart mense  – die DA is onse party wat vir ons sal opstaan “.  Is dit doelbewuste misleiding of is selfs die DA se verkiesings beamptes “waningelig”?

Frik Stander